Kamp hier


  Laerskool Hendrik Louw    021 853 1045 / 55    hendrikl@mweb.co.za   D6 Communicator    English | Afrikaans

Kamp hier



Tydens die Desembervakansie word ons skool se sportveld omskep in 'n karavaanpark. Die omgewing bied vele aktiwiteite. Daguitstappies na Stellenbosch, wynplase, Hermanus en Kaapstad se waterfront, is 'n moet. Die Strand se gholfbaan en Somerset Mall is binne ‘n 2km radius vanaf die karavaanpark. Die karavaanpark by Hendrik Louw is ± 400m van die naaste swemstrand en binne loopafstand van die midde-dorp met besighede soos Pick & Pay, Wimpy, Spur, apteke, ‘n wassery en slaghuise.

30 van ons staanplekke het elektriese kragpunte en die karavaanpark het al die nodige geriewe om jou kampervaring genotvol te maak. Die staanplekke is ’n gerieflike grootte van 10X10m. Die kragpunt is vir ’n gewone 3-puntprop. Daar is opwasplekke vir skottelgoed, ablusie-geriewe en ook tennisbane beskikbaar vir u gebruik.

Tariewe

Tariewe beloop R350 per nag vir 'n plek met 'n kragpunt en R300 per nag vir 'n staanplek sonder krag. Slegs 6 mense per perseel word toegelaat. Elke ekstra persoon, tot 'n maksimum van 8 persone, moet R75 per dag, per persoon betaal.

Kampeertydperk

Vanaf skool sluit in Desember tot skool in Januarie oopmaak

Navrae

Vir enige navrae, kontak 084 559 3159

Kliek hier om die aansoekvorm af te laai en hier vir parkreëls

Ons Karavaanpark



Ons Karavaanpark