Kultuur- en buitemuurse aktiwiteite


  Laerskool Hendrik Louw    021 853 1045 / 55    hendrikl@mweb.co.za   D6 Communicator    English | Afrikaans

Kultuur


Oorsig


By Laerskool Hendrik Louw se kultuurafdeling glo ons aan massadeelname. Ons poog om vir soveel moontlik leerders die geleentheid te skep om ‘n liefde vir die kunste te ontwikkel, sowel as om hulle talente te vorm en te verbeter deur deelname aan woordkuns-, redenaars-, musiek- en kunsaktiwiteite. Die volgende kultuuraktiwiteite word aangebied:

Eisteddfod

Leerders het die geleentheid om aan die Helderberg Eisteddfod deel te neem in die volgende kategorieë: Woordkuns, Musiek en Kuns. Laerskool Hendrik Louw se leerders ontvang gereeld medaljes en word as die beste in hulle onderskeie kategorieë aangewys.

Redenaars

Geleentheid word geskep om menings te vorm en sinvol daaroor te redeneer. Leerders leer om ‘n beredeneerde toespraak te skryf en te lewer. Liefde vir die taal word bevorder. Leerders kry die geleentheid om vir die jaarlikse ATKV-redenaarskompetisie in te skryf, sowel as die interne kompetisies binne skoolverband.

Van Goggas Kunsklub

Van Goggas Kids Kuns- en Kunsvlytklub het sy deure in Januarie 2014 oopgemaak. Die idee van die klub is om die leerders aan ‘n verskeidenheid kunssoorte, wêreldbekende kunstenaars en hulle kuns bekend te stel. Leerders sal die geleentheid hê om hulself uit te druk en te eksperimenteer binne ‘n veilige omgewing.

Musiek

Om saam met vriende musiek te kan maak en dit sodoende meer te geniet, is die einddoel van Hendrik Louw se musiekdepartement. Ons glo daaraan om aan soveel moontlik leerders die geleentheid te bied om aan musiekaktiwiteite deel te neem. Dit word moontlik gemaak deur musieklesse by die musiekskool, die “bands”/ensemble, Junior- en Seniorkore, asook die revue.

Musiekskool

Onderrig word aangebied in die volgende instrumente: marimba, klavier, klawerbord, dromme, viool, trompet, kitaar, ukulele en sang. Teorielesse word ook aangebied. Die uitstaande prestasies van ons leerders tydens Eisteddfods en eksterne musiekeksamens is ‘n bewys van ons hoë standaard. Selfs die jongste en mees onervare leerders word aangemoedig om deel te neem aan ons konserte, wat ten minste een keer per jaar plaasvind.

Orkes (Band)

Die topleerders in drom, kitaar, klavier, sang en klawerbord lê jaarliks ‘n oudisie af om in die Hendrik Louw “bands” te kan speel. Hier word die leerders die basiese beginsels van saamspeel in ‘n “band”, geleer. Die groepe tree op by Eisteddfods en konserte deur die jaar.

Ensemble

Die Ensemble bestaan uit akoestiese instrumente soos viole, kitare, klavier en slaginstrumente. Die Ensemble speel meestal ligte musiek en neem deel aan verskeie kultuurgeleenthede en die Helderberg Eisteddfod.

Koor

Die Junior- sowel as Senior kore tree gereeld op en is altyd van die gewildste kore by konserte. Die Junior koor bestaan uit 60 graad 1-3 leerders en die senior koor uit 80-90 graad 4-7 leerders. Leerders moet ‘n oudisie aflê om in die kore te sing. 10-15 leerders word jaarliks gekies om in ‘n sanggroep te sing. Die Louwtjie-sanggroep tree by kleiner geleenhede op, sowel as by die Eisteddfod.

Revue

Laerskool Hendrik Louw wil graag aan leerders die geleentheid bied om ten minste twee maal in hulle laerskoolloopbaan aan ‘n verhoogproduksie deel te neem, omdat dit selfvertroue en kreatiwiteit ontwikkel. Daarom bied ons gereeld ‘n revue aan waaraan óf die grondslagfase- óf die senior fase leerders, deelneem.

By Laerskool Hendrik Louw glo ons in massadeelname. Ons probeer om soveel leerders as moontlik die geleentheid te bied om 'n liefde vir die kunste te ontwikkel, asook om hul talente te vorm en verbeter.



Buitemuurse aktiwiteite


  • Drama
    Drama
    Me Chantal Gouws
    Tel: 083-633-1057

    Fridays
    13:00 – 13:40 Gr 1,2,3
    14:00 – 14:50 Gr 4,5,6,7
  • Eisteddfod
    Eisteddfod
    Kultuurhoof - Sicilie Barnard
    Gedigte - Amanda Krynauw
  • Public speaking
    Redenaars
    Charlotte Bodenstein
  • Choir
    Koor
    Senior
    Woensdae
    07:00 – 08:10
    Me. Sicilie Barnard

    Junior
    Dinsdae
    07:00 – 08:10
    Anel van Tonder
  • Golf
    Golf
    Mnr Pieter Coetzee
    Tel: 083-694-4998
    Gholf Buddies oefen op Maandagmiddae.
    Tye sal gekommunikeer word.
  • Kindermusik
    Kindermusik
    Me Marisia Rossow
    Tel: 083-272-5511
    Woensdae
    12:30 – 13:00 Gr R’s

  • Homework class
    Huiswerkklas
    'n Spesiale huiswerkklas word slegs vir nasorg-leerders aangebied.
  • Karate
    Karate
    Mnr Neil van Zyl
    Tel: 082-877-5335

    Maandae
    17:30 - 19:30
    Donderdae
    17:30 - 19:30
  • Monkey Nastix
    Monkey Nastix
    Me Sanet Uys
    Tel: 082-323-8440

    Woensdae
    13:00 - 13:30
  • Playball
    Playball
    Me Corné van Wyk en me Karin van Rensburg
    Tel: 082-853-7433 (Corné) en 084-840-1181 (Karin)

    Dinsdae
    12:00 - 13:00 Gr R
  • Computer
    Stimulus Maksima
    Me. Sonja Matthee
    Tel: 083-462-6366

    Maandae
    13:15 - 16:00 Gr. 1 - 7
    Donderdae
    13:15 - 16:00 Gr. 1 - 7
    Vrydae
    11:00 - 12:00 Gr. R
  • Art club
    Kunsklub
    Me Shirley Karsten

    Woensdae
    14:00
  • Singing group
    Sanggroep
    Me Sicilie Barnard

    Dinsdae
    14:15 - 15:15
  • Musical instrument
    Musiekskool
    Me Sicilie Barnard
    Lees tyd gedurende skoolure
    Les tye gedurende skoolure