Algemeen
2023 Skoolkwartale
Kwartaal 1 : 18 Januarie – 31 Maart
Kwartaal 2 : 12 April – 23 Junie
Kwartaal 3 : 18 Julie – 29 September
Kwartaal 4 : 10 Oktober – 13 Desember
2023 Publieke Vakansiedae
- 1 Januarie 2023 – Nuwejaarsdag
- 2 Januarie 2023 – Publieke Vakansiedag
- 20 Maart 2023 – Menseregtedag
- 07 April 2023 – Goeie Vrydag
- 10 April 2023 – Gesinsdag
- 27 April 2023 – Vryheidsdag
- 1 Mei 2023 – Werkersdag
- 16 Junie 2023 – Jeugdag
- 9 Augustus 2023 – Nasionale Vrouedag
- 24 September 2023 – Erfenisdag
- 16 Desember 2023 – Versoeningsdag
- 25 Desember 2023 – Kersdag
- 26 Desember 2023 – Welwillendheidsdag
Skoolure:
- Gr RR & R: 07:45-12:30 (Maandae tot Vrydae)
- Gr 1 & 2: 07:30-13:15 (Maandae tot Donderdae)
07:30-13:00 (Vrydae) - Gr 3: 07:30 – 14:00 (Maandae en Dinsdae)
07:30 – 13:15 (Woensdae en Donderdae)
07:30 – 13:00 (Vrydae) - Gr. 4 – 7: 07:30 – 14:00 (Maandae tot Vrydae)
Moompi Projek
Moompi is ‘n skaam, blou, vriendelik karaktertjie wat baie lief is vir alle kinders. Moompi help hulle om veilig en gesond te kan grootword. Die konsep is in 1995 deur die Greater Tshwane Child Protection Initiative ontwikkel om te help met die identifisering en behandeling van kindermishandeling.
Laerskool Hendrik Louw gebruik Moompi om te fokus op die ontwikkeling van verantwoordelike gedrag by ons kinders en die voorkoming van mishandeling. Moompi dra ook by tot die daarstel van ‘n veilige en gesonde omgewing vir ons kinders om in te kan ontwikkel en groei.
Daar is ‘n vrywillige, opgeleide mamma aan elke graad toegewys wat fokus daarop om spontane kommunikasie te fasiliteer en aan te moedig by ons kinders. Kinders kan ‘n briefie aan Moompi skryf waarin hy/sy emosies met Moompi deel en dit dan pos in die spesiale Moompi-posbus by die skool. Die kind mag ook versoek om met die mamma te gesels. Elke oggend tydens die eerste 45 minute van die skooltyd, is daar ‘n Moompi-tannie aan diens in die Moompi-hoekie. Hier word ‘n veilige omgewing geskep waarbinne die kind sy goeie en slegte emosies kan deel en gehelp word om dit te hanteer.
Verwysings word gedoen na die onderskeie departmentshoofde vir verdere aandag, indien nodig. Moompi hanteer ongeveer 120 briewe en 90 persoonlike gesprekke elke kwartaal.
Tweedehandse klerewinkel
Die skool beskik oor ’n klerewinkel.
07:15-08:00 Maandae en Donderdae
Finansiële bydraes kan ook direk inbetaal word
Laerskool Hendrik Louw
ABSA: 0420750072
Takkode: 334312.
Verwysing: Moompi-bydrae
Vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak of vir enige navrae kan u gerus ons Moompi Projek koördineerder, Marla van der Merwe, skakel.
Maatskaplike werk
Laerskool Hendrik Louw beskik oor die dienste van ‘n maatskaplike werker. Afsprake kan via die administratiewe personeel gemaak word.
Die rol van die maatskaplike werker word gerugsteun deur die geloof dat as hindernisse tot leer geminimaliseer kan word, leerders hul volle potensiaal sal bereik. Hierdie hindernisse kan sosiale, emosionele, fisiese, geestelike en die omgewing insluit.
Voorkomingsprogramme sluit in:
- WOW Graad 7-projek: Gesonde interpersoonlike verhoudings en keuses
- Sosiale Media: Graad 6-projek
- Personeelopleiding: Kinderwet en Abuse No More protokol van WKOD
- Leerderopleiding: Kinderwet en Abuse No More protokol van WKOD
Ondersteuningsdienste:
- Ouerleiding
- Konkrete hulpverlening
- Tuisbesoeke soos nodig
- Emosionele ondersteuning van leerders
Intervensie:
- Maatskaplike werk intervensie – hindernisse tot leer
- Verwysing na ander agentskappe, indien nodig
- Multi-dissiplinêre vergaderings
Die maatskaplike werker streef daarna om leerders te help om balans in hul bio-sosio-emosionele lewe te bereik en in stand te hou.
Klerewinkel
