Laerskool Hendrik Louw

// need to have the same with set from JS on both divs. Otherwise it can push stuff around in HTML var trp_ls_shortcodes = document.querySelectorAll('.trp_language_switcher_shortcode .trp-language-switcher'); if ( trp_ls_shortcodes.length > 0) { // get the last language switcher added var trp_el = trp_ls_shortcodes[trp_ls_shortcodes.length - 1]; var trp_shortcode_language_item = trp_el.querySelector( '.trp-ls-shortcode-language' ) // set width var trp_ls_shortcode_width = trp_shortcode_language_item.offsetWidth + 16; trp_shortcode_language_item.style.width = trp_ls_shortcode_width + 'px'; trp_el.querySelector( '.trp-ls-shortcode-current-language' ).style.width = trp_ls_shortcode_width + 'px'; // We're putting this on display: none after we have its width. trp_shortcode_language_item.style.display = 'none'; }

ALTYD ONS ALLERBESTE VIR ELKE KIND

LAERSKOOL HENDRIK LOUW

Moompi Projek

Moompi is ‘n skaam, blou, vriendelik karaktertjie wat baie lief is vir alle kinders. Moompi help hulle om veilig en gesond te kan grootword. Die konsep is in 1995 deur die Greater Tshwane Child Protection Initiative ontwikkel om te help met die identifisering en behandeling van kindermishandeling.

Laerskool Hendrik Louw gebruik Moompi om te fokus op die ontwikkeling van verantwoordelike gedrag by ons kinders en die voorkoming van mishandeling. Moompi dra ook by tot die daarstel van ‘n veilige en gesonde omgewing vir ons kinders om in te kan ontwikkel en groei.

Daar is ‘n vrywillige, opgeleide mamma aan elke graad toegewys wat fokus daarop om spontane kommunikasie te fasiliteer en aan te moedig by ons kinders. Kinders kan ‘n briefie aan Moompi skryf waarin hy/sy emosies met Moompi deel en dit dan pos in die spesiale Moompi-posbus by die skool. Die kind mag ook versoek om met die mamma te gesels. Elke oggend tydens die eerste 45 minute van die skooltyd, is daar ‘n Moompi-tannie aan diens in die Moompi-hoekie. Hier word ‘n veilige omgewing geskep waarbinne die kind sy goeie en slegte emosies kan deel en gehelp word om dit te hanteer.

Verwysings word gedoen na die onderskeie departmentshoofde vir verdere aandag, indien nodig. Moompi hanteer ongeveer 120 briewe en 90 persoonlike gesprekke elke kwartaal.

Finansiële bydraes kan ook direk inbetaal word

Laerskool Hendrik Louw
ABSA: 0420750072
Takkode: 334312.
Verwysing: Moompi-bydrae
Vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak of vir enige navrae kan u gerus ons Moompi Projek koördineerder, Marla van der Merwe, skakel.

Maatskaplike werk

Laerskool Hendrik Louw beskik oor die dienste van ‘n maatskaplike werker. Afsprake kan via die administratiewe personeel gemaak word.

Die rol van die maatskaplike werker word gerugsteun deur die geloof dat as hindernisse tot leer geminimaliseer kan word, leerders hul volle potensiaal sal bereik. Hierdie hindernisse kan sosiale, emosionele, fisiese, geestelike en die omgewing insluit.

Voorkomingsprogramme sluit in:

  • WOW Graad 7-projek: Gesonde interpersoonlike verhoudings en keuses
  • Sosiale Media: Graad 6-projek
  • Personeelopleiding: Kinderwet en Abuse No More protokol van WKOD
  • Leerderopleiding: Kinderwet en Abuse No More protokol van WKOD

Ondersteuningsdienste:

  • Ouerleiding
  • Konkrete hulpverlening
  • Tuisbesoeke soos nodig
  • Emosionele ondersteuning van leerders

Intervensie:

  • Maatskaplike werk intervensie – hindernisse tot leer
  • Verwysing na ander agentskappe, indien nodig
  • Multi-dissiplinêre vergaderings

Die maatskaplike werker streef daarna om leerders te help om balans in hul bio-sosio-emosionele lewe te bereik en in stand te hou.