Laerskool Hendrik Louw

// need to have the same with set from JS on both divs. Otherwise it can push stuff around in HTML var trp_ls_shortcodes = document.querySelectorAll('.trp_language_switcher_shortcode .trp-language-switcher'); if ( trp_ls_shortcodes.length > 0) { // get the last language switcher added var trp_el = trp_ls_shortcodes[trp_ls_shortcodes.length - 1]; var trp_shortcode_language_item = trp_el.querySelector( '.trp-ls-shortcode-language' ) // set width var trp_ls_shortcode_width = trp_shortcode_language_item.offsetWidth + 16; trp_shortcode_language_item.style.width = trp_ls_shortcode_width + 'px'; trp_el.querySelector( '.trp-ls-shortcode-current-language' ).style.width = trp_ls_shortcode_width + 'px'; // We're putting this on display: none after we have its width. trp_shortcode_language_item.style.display = 'none'; }

ALTYD ONS ALLERBESTE VIR ELKE KIND

LAERSKOOL HENDRIK LOUW

Skoolgeld

2023 Fooie

Die fooie vir 2023 is soos volg:

Graad RR tot 7: R1 960 pm vooruitbetaalbaar vir 11 maande (R21 560 pj) (Afslagbetaling van R19 600, indien betaal voor of op 31/12/2022).

Nasorgfooie:

Graad RR tot 7: R1 500 pm vooruitbetaalbaar vir 11 maande.

Neem asseblief die regte besluit in die beste belang van u kind en betaal skoolgeld dadelik soos versoek. Ons is afhanklik van hierdie fooie om die huidige standaard van uitnemendheid wat ons almal geniet, in stand te hou en daarop voort te bou.

Dit is belangrik vir ‘n leerder om toegang tot hulpbronne, netheid, goeie personeel, goeie infrastruktuur, ‘n gesonde leeromgewing, veiligheid, en nog vele meer. Help ons asseblief om bogenoemde vir u kind te handhaaf deur u skoolgeldrekening getrou te betaal. Ons dank u vir u ondersteuning en samewerking.

Die finansiële kantoor by die skool, waar ouers hul skoolgeld kan betaal, is slegs oop Maandag tot Vrydag – 07:15 tot 15:00.

Indien ‘n INTERNET betaal-opsie gekies word, moet die betaling op ‘n maandelikse basis teen die sperdatum ontvang word. Let asseblief daarop dat dit baie belangrik is dat die korrekte verwysing op ons bankrekening gereflekteer word, naamlik die leerderrekeningnommer, soos per die rekeningstaat van Laerskool Hendrik Louw (bv. “ABC018”). As die korrekte verwysing gebruik word, hoef geen bewys van betaling ingedien te word nie.

Laerskool Hendrik Louw se bankbesonderhede:

Bank:  STANDARD BANK
Tak:  
STELLENBOSCH 051001
Rekeningnommer: 
063164825
Rekeningtipe: 
Lopende Sakerekening
Verwysing:
Leerder se rekening nommer soos op staat – vir skool-, nasorg- en musiekfooie.

Indien enige ander betaling gemaak moet word, sal die toepaslike verwysing deur die projekbestuur verskaf word.