Laerskool Hendrik Louw

ALTYD ONS ALLERBESTE VIR ELKE KIND

LAERSKOOL HENDRIK LOUW

Kamp hier

Gekanselleer vir 2020

Tydens die Desembervakansie word ons skool se sportveld omskep in ‘n karavaanpark. Die omgewing bied vele aktiwiteite. Daguitstappies na Stellenbosch, wynplase, Hermanus en V&A Waterfront, is ‘n moet. Die Strand se gholfbaan en Somerset Mall is binne ‘n 2 Km radius vanaf die karavaanpark. Die karavaanpark by Hendrik Louw is ± 400 m van die naaste swemstrand en binne loopafstand van die midde-dorp met besighede soos Pick & Pay, Wimpy, Spur, apteke, ‘n wassery en slaghuise.

30 van ons staanplekke het elektriese kragpunte en die karavaanpark het al die nodige geriewe om jou kampervaring genotvol te maak. Die staanplekke is ’n gerieflike grootte van 10 m X 10 m. Die kragpunt is vir ’n gewone 3-puntprop. Daar is opwasplekke vir skottelgoed, ablusie-geriewe asook tennisbane beskikbaar vir u gebruik.

Tariewe
Tariewe beloop R350 per nag vir ‘n plek met ‘n kragpunt en R300 per nag vir ‘n staanplek sonder krag. Slegs 6 mense per staanplekl word toegelaat. Elke ekstra persoon, tot ‘n maksimum van 8 persone, moet R75 per dag, per persoon betaal.

Kampeertydperk
Vanaf skool sluit in Desember tot skool in Januarie oopmaak

Navrae
Vir enige navrae, kontak 084 559 3159

Kliek hier om die aansoekvorm af te laai en hier vir parkreëls.

Gekanselleer vir 2020

Ons Karavaanpark