Laerskool Hendrik Louw

ALTYD ONS ALLERBESTE VIR ELKE KIND

LAERSKOOL HENDRIK LOUW

Kultuur- en buitemuurse aktiwiteite

Kultuur

By Laerskool Hendrik Louw se kultuurafdeling glo ons aan massadeelname. Ons poog om vir soveel moontlik leerders die geleentheid te skep om ‘n liefde vir die kunste te ontwikkel, sowel as om hulle talente te vorm en te verbeter deur deelname aan woordkuns-, redenaars-, musiek- en kunsaktiwiteite. Die volgende kultuuraktiwiteite word aangebied:

Eisteddfod
Leerders het die geleentheid om aan die Helderberg Eisteddfod deel te neem in die volgende kategorieë: Woordkuns, Musiek en Kuns. Laerskool Hendrik Louw se leerders ontvang gereeld medaljes en word as die beste in hulle onderskeie kategorieë aangewys.
Kultuurhoof en musiek – Sicilie Barnard
Gedigte – Amanda Krynauw

Redenaars
Geleentheid word geskep om menings te vorm en sinvol daaroor te redeneer. Leerders leer om ‘n beredeneerde toespraak te skryf en te lewer. Liefde vir die taal word bevorder. Leerders kry die geleentheid om vir die jaarlikse ATKV-redenaarskompetisie in te skryf, sowel as die interne kompetisies binne skoolverband.

Musiek
Om saam met vriende musiek te kan maak en dit sodoende meer te geniet, is die einddoel van Hendrik Louw se musiekdepartement. Ons glo daaraan om aan soveel moontlik leerders die geleentheid te bied om aan musiekaktiwiteite deel te neem. Dit word moontlik gemaak deur musieklesse by die musiekskool, die “bands”/ensemble, Junior- en Seniorkore, asook die revue.

Musiekskool
Onderrig word aangebied in die volgende instrumente: marimba, klavier, klawerbord, dromme, viool, trompet, kitaar, ukulele en sang. Teorielesse word ook aangebied. Die uitstaande prestasies van ons leerders tydens Eisteddfods en eksterne musiekeksamens is ‘n bewys van ons hoë standaard. Selfs die jongste en mees onervare leerders word aangemoedig om deel te neem aan ons konserte, wat ten minste een keer per jaar plaasvind.

Ons musiekskool-hoof is Me Sicilie Barnard. Lestyd vind waar moontlik gedurende skoolure plaas.

Orkes (Band)
Die topleerders in drom, kitaar, klavier, sang en klawerbord lê jaarliks ‘n oudisie af om in die Hendrik Louw “bands” te kan speel. Hier word die leerders die basiese beginsels van saamspeel in ‘n “band”, geleer. Die groepe tree op by Eisteddfods en konserte deur die jaar.

Ensemble
Die Ensemble bestaan uit akoestiese instrumente soos viole, kitare, klavier en slaginstrumente. Die Ensemble speel meestal ligte musiek en neem deel aan verskeie kultuurgeleenthede en die Helderberg Eisteddfod.

Koor
Die Junior- sowel as Senior kore tree gereeld op en is altyd van die gewildste kore by konserte. Die Junior koor bestaan uit 60 graad 1-3 leerders en die senior koor uit 80-90 graad 4-7 leerders. Leerders moet ‘n oudisie aflê om in die kore te sing. 10-15 leerders word jaarliks gekies om in ‘n sanggroep te sing. Die Louwtjie-sanggroep tree by kleiner geleenhede op, sowel as by die Eisteddfod.

Seniorkoor
Woensdae
07:00 – 08:10
Me. Sicilie Barnard

Juniorkoor
Vrydae
12:00 – 13:00
Me. Loraine Diesel

Revue
Laerskool Hendrik Louw wil graag aan leerders die geleentheid bied om ten minste een maal in hulle laerskoolloopbaan aan ‘n verhoogproduksie deel te neem, omdat dit selfvertroue en kreatiwiteit ontwikkel. Daarom bied ons gereeld ‘n revue aan waaraan óf die grondslagfase- óf die senior fase leerders, deelneem.
Ons volgende revue is in 2024