Laerskool Hendrik Louw

// need to have the same with set from JS on both divs. Otherwise it can push stuff around in HTML var trp_ls_shortcodes = document.querySelectorAll('.trp_language_switcher_shortcode .trp-language-switcher'); if ( trp_ls_shortcodes.length > 0) { // get the last language switcher added var trp_el = trp_ls_shortcodes[trp_ls_shortcodes.length - 1]; var trp_shortcode_language_item = trp_el.querySelector( '.trp-ls-shortcode-language' ) // set width var trp_ls_shortcode_width = trp_shortcode_language_item.offsetWidth + 16; trp_shortcode_language_item.style.width = trp_ls_shortcode_width + 'px'; trp_el.querySelector( '.trp-ls-shortcode-current-language' ).style.width = trp_ls_shortcode_width + 'px'; // We're putting this on display: none after we have its width. trp_shortcode_language_item.style.display = 'none'; }

ALTYD ONS ALLERBESTE VIR ELKE KIND

LAERSKOOL HENDRIK LOUW

Ons Geskiedenis

Van die begin af...
Verkenning van die toekoms vereis kennis van die verlede.

Enige persoon wat die verloop van gebeure en die vroeë geskiedenis van ‘n instelling wil naspoor en opteken, bereik soms ‘n stadium waar dit moeilik – indien nie byna onmoontlik is – om vas te stel wat presies gebeur het.

Onderwys in Somerset-Wes Strand – ‘n dorpie aan die einde van ‘n sanderige kronkelpad wat Somerset-Wes met Valsbaai verbind het – was geen uitsondering nie.

Ons weet nie wanneer ouers van hierdie klein gemeenskap besluit het om hul skoolbande met bestaande kerkskole in Somerset-Wes te verbreek nie.

Dit word aangeneem dat die paar Strand-kinders voor die vyftigerjare van die vorige eeu, die privaatskole in die omgewing bygewoon het. Een van die naaste was dié van die Morkels by Morgenster en Onverwacht, nou bekend as Die Bos.

Meer Oor Ons

Ons Missie

Om ‘n gebalanseerde waardegedrewe leeromgewing te skep waarbinne opvoeders en ouers kan saamwerk om die volle potensiaal van elke kind te ontwikkel.

Ons Visie

Altyd ons allerbeste vir elke kind.

Ons Waardes

  • Betroubaarheid
  • Respek
  • Verantwoordelikheid
  • Omgee
  • Regverdigheid
  • Goeie burgerskap

Ons Fasiliteite

Beheerliggaam

“Children are the living messages we send to a time we will not see.”

                     – John F. Kennedy

Die woorde van wyle John F. Kennedy is vandag nog net so waar. Ons kinders is ‘n voorsetting van onsself, ons waardes , ons drome, ons toekoms.

By Laerskool Hendrik Louw kan u verseker wees dat u kind nie net die heel beste onderrig sal ontvang nie, maar ook die nodige blootstelling en insette sal kry om van hom / haar ‘n waardige verteenwoordiger van ons toekoms te maak.

As a parent that has been part of the Hendrik Louw family since 2013 I can state with absolute certainty that I could not have made a better choice for my children or my family. The commitment of the teachers and support staff is a constant reminder that there are people who indeed find their purpose in forming and moulding the new generation for tomorrow.

Thank you for choosing the best for your child.

Matileze Venter

Chairperson