Hendrik Louw is bekend vir sy sport en die verskeidenheid opsies wat aangebied word, die hoë vlak van afrigting en die prestasies van ons leerders, beide plaaslik en op nasionale vlak. Sport is nie net ‘n belangrike bindende faktor in ons skoolgemeenskap nie, maar dra ook by tot die ontwikkeling van ‘n leerder se sosiale -en fisiese vermoëns om mee te ding, terwyl hy/sy leer oor goeie sportmanskap, kameraadskap en deursettingsvermoë. Daar word van alle leerders verwag om aan ten minste een somer- en een wintersport deel te neem, verkieslik ‘n spanspel. Gedurende die jaar neem heelwat van ons leerders aan twee of meer sportsoorte per seisoen deel. Ons sportfilosofie is duidelik: deelname, bemeester die vaardighede van die sport sover moontlik en geniet die spel.
Hendrik Louw bied die volgende sportsoorte by die skool aan:
- Atletiek
- Binnenshuise-en veldhokkie
- Landloop
- Netbal
- Rugby
- Skaak
- Krieket
- Tennis
- Kondisionering
- Rasieleiergroep
- MTB
- Nippers (Strand Lifesaving club)
- Surf
- Swem (Greydogs swimming club)
Daar is sport vir die Gr 1- Gr 3-leerders wat gedurende skoolure plaasvind. Dit sluit die volgende in:
- Mini-krieket
- Mini-atletiek
- Mini-tennis
- Mini-netbal
- Mini-rugby
- Mini-hokkie
Dis met lag en genot wat ons leer om die spel lief te hê.