Aan alle Hendrik Louw ouers & voogde
Dankie vir die voorreg wat ek en die personeel het om met u kinders te werk. Wees verseker dat elke leerder, sowel as hul algemene ontwikkeling, vir ons baie belangrik is.
Dit is my wens en gebed dat al ons gesinne in 2020 geseën sal word en dat hierdie jaar veral, vir almal spesiaal sal wees. Ek versoek u om betrokke te raak by u kind en al die aktiwiteite wat die skool bied. U kind en die skool benodig u ondersteuning.