HENDRIK LOUW NASORG
“‘n Tweede huis vir jou kind.”
Ons streef daarna om ’n veilige en liefdevolle omgewing te skep waar ons leerders gelukkig en gemaklik kan voel
- Beskikbaar vir Laerskool Hendrik Louw-leerders van Graad RRR tot Graad 7.
- Maandag tot Vrydag 12:00 tot 17:45.
- Sekuriteit en veiligheid is vir ons van kardinale belang.
- Voedsame middagete en water in die Nasorgsentrum, direk na skool.
- Weeklikse spyskaart, beskikbaar op WhatsApp.
- Laatmiddag versnapering: Koekies of toebroodjies, vrugte en koeldrank.
- Een bederf per week, bv. roomys.
- Geen ontbyt word verskaf nie.
- Maandelikse nuusbrief om u op hoogte te hou van ons aktiwiteite.
- Familie-byeenkomste, piekniek en fondsinsamelings.
- Betekenisvolle interaksie en deernis van ons Nasorgpersoneel.
VASLEGGINGSKLAS:
Na middagete verdaag die leerders na hulle onderskeie vasleggingsklasse wat hanteer word deur die Nasorgfasiliteerders en personeel van Laerskool Hendrik Louw. Klasse word so klein as moontlik gehou sodat kwaliteitonderrig en -leer toegepas kan word en ons leerders akademies daarby kan baatvind.
Ons Graad RR- en R-Nasorgleerders volg ’n daaglikse, uurlange verrykingsprogram.
Daar word geen vasleggingsklasse op Vrydae aangebied nie, behalwe gedurende eksamentye.
VRYDAGMIDDAG AKTIWITEITE
Die leerders word elke Vrydag produktief deur die Nasorgpersoneel besig gehou met heerlike aktiwiteite.
- Kuns en handwerk
- Lees of besoek die plaaslike biblioteek oorkant die skool
- Bak–en–brou
- Omgewingsleer
- “Fancy Dress” en konserte
- Sport en speletjies
VAKANSIES
Die Hendrik Louw Nasorgsentrum is gedurende vakansies oop. Daar is geen ekstra koste hieraan verbonde nie. Ons sluit slegs gedurende die Desembervakansie vir 3 weke. Die nasorg is vakansies oop vanaf 07h15 tot 17h45.
SNOEPIE
Die snoepie kan slegs op Vrydagmiddae, na middagete, besoek word.
WAGKLASSE
Ons bied ook ’n oggend- en middagwagklas aan.
Oggendwagklas:
Ons bied ‘n veilige omgewing vir u kind, voordat die skoolhekke om 07:00 open.
Tye: 06:30-07:15
Middagwagklas:
Slegs vir Graad RR tot Graad 3-leerders
Tye: Maadag tot Vrydag 12:30-14:15
Kontak ons gerus vir verdere inligting by