Skip to main content

DEVELOPMENT OF MOBILITY AND SKILLS (DMS)

Ons Development of Mobility and Skills-program (DMS) speel ‘n baie groot rol in die ontwikkeling van groot- en fynmotoriese vaardighede, hand-oog-koördinasie en fisiese kondisionering van al ons leerders.

    Al ons Graad 4 tot 7-leerders neem twee keer ‘n week aan ons unieke DMS-program deel wat deur ons fiksheidsinstruktrise,  Mev Tanya Nunn geskryf is.

    Ons sien duidelike resultate in die fisiese ontwikkeling van ons leerders en fokus op:

    • Krag en kondisionering.
    • Soepelheid
    • Versterking deur slegs met liggaamsgewig te werk
    • Fiksheid met pret en ‘n verskeidenheid informele kompetisies wat die leerders nuuskierig en opgewonde hou.
    • Vaardighede en mylpale wat per ouderdomsgroep behaal moet word.

    Die program is van so ‘n aard geskryf dat daar makliker opsies ingereken is vir leerders met beserings asook vir diegene wat fisies nie in staat is om spesifieke bewegings te kan doen nie.

    Deelname aan DMS bevorder nie net die ontwikkeling van die hele liggaam nie, maar dit bevorder ook sosiale vaardighede, besluitnemingsvermoëns, uithouvermoë, spanwerk en dissipline.