Skip to main content

Aktiwiteite in klein groepies ontwikkel noodsaaklike vaardighede.

By Laerskool Hendrik Louw bied ons ‘n gestruktureerde program aan om motoriese en fonologiese vaardighede by die jonger leerders te ontwikkel. Hierdie program is daarop gemik om ons leerders se motoriese vaardighede te ontwikkel aangesien daar ‘n positiewe korrellasie is met leerprestasies, veral in geletterdheid en syfervaardigheid.

Die volgende word op ‘n kreatiewe en effektiewe wyse aangespreek:

  • Grootmotoriese vaardighede
  • Fynmotoriese vaardighede
  • Fonologiese bewustheid

Dis vir ons belangrik om die grootspiere sterk en gesond te laat ontwikkel sodat die leerders hul kleiner spiere akkuraat en met goeie koördinasie kan gebruik.

Leerders wat lomp is, ervaar dit gewoonlik moeiliker om te lees en te spel en daarom tree ons voorkomend op deur die nodige grootmotoriese vaardighede te ontwikkel. Aandagafleibaarheid en passiwiteit is ook twee duidelike aanduidings van agterstande ten opsigte van motoriese vaardighede.

Die fynmotoriese vaardighede is nodig vir die leerders om vinnig en vaardig met hul hande te kan werk. Vir ‘n kind om vinnig effektiewe skriftelike werkspoed te kan handhaaf, om suksesvol te leer lees, skryf en wiskundige bewerkings te kan doen, moet motoriese vaardighede  ontwikkel word.