Skip to main content

SKRYFBEHOEFTEPAKKETTE VIR 2026                                                                                                            

Om ons leerders en onderwysers te ondersteun, het die Skoolbeheerliggaam weereens verpligte skryfbehoeftepakkette vir elke graad in 2026 gereël. Ons het deeglike navorsing gedoen en kwotasies van vyf verskillende verskaffers verkry. Ons doel is altyd om die koste vir ons ouers so laag as moontlik te hou. 

Ons amptelike skryfbehoefteverskaffer vir 2026 se verpligte pakkette is Complete Office Solutions.
Die ekstra items kan by enige winkel aangekoop word indien u dit nie reeds tuis het nie.

AANKOPE:

Aanlyn bestellings:
https://completeoffice.co.za/pages/back2school
Aktief vanaf 15 November 2025.
Kontakpersoon: Tania Malherbe
Whatsapp Bestellings: 062 730 7796
Gaan haal dit by Complete Office Solutions in Somerset-Wes.

Aankope by Laerskool Hendrik Louw:

Datums vir aankope van verpligte skryfbehoeftepakkette by die skool (kontant of kaart):

  • Saterdag, 29 November 2025 (Slegs Graad RRR tot Graad 1): 08:00 – 13:00         Ontvangs
  • Vrydag, 5 Desember 2025: 11:00 – 17:00         Skoolsaal
  • Saterdag, 6 Desember 2025: 08:00 – 13:00        Skoolsaal
  • Maandag, 12 Januarie 2026: 08:00 – 14:00        Skoolsaal
  • Dinsdag, 13 Januarie 2026: 08:00 – 14:00        Skoolsaal 

Neem asseblief kennis:

  • Elke leerder moet op die eerste skooldag van 2026 die verpligte skryfbehoeftepakket asook die ekstra items op die tweede lys skooltoe bring.
  • Opvoeders sal die inhoud van die skryfbehoeftepakket bestuur. Items wat nie op die 1ste dag gebruik word nie, sal op ‘n veilige plek by die skool gestoor word en aan die leerder gegee word wanneer hy/sy dit deur die loop van die jaar benodig.
  • Elke leerder per graad moet oor dieselfde pakket beskik. Die produkte is baie spesifiek en van dieselfde standaard (byvoorbeeld papier wat gepas is om in ons skool se fotostaatmasjiene te kan werk).
  • Daar is dus nie ‘n opsie om die verpligte pakket individueel by ander verskaffers aan te koop nie. Aankope in grootmaat verseker ook die laagste moontlike koste vir ouers.
  • Moet asseblief nie enige skryfbehoefte-items uit die pakket verwyder nie. Die VOLLEDIGE inhoud moet op die 1ste dag skool toe gebring word.
  • Merk asseblief al die penne, gom, skêre, uitveërs, ens. duidelik.
  • Werkboeke moet NIE gemerk of oorgetrek word nie. Dit sal in die klas gedoen word.

Baie dankie vir u samewerking om te verseker dat elke leerder ten volle voorbereid is vir die 2026-skooljaar.

Laai u kind se skryfbehoeftelyste vir 2026 hieronder af.
Bladsy 1: Kwotasie van Complete Office Solutions.
Bladsy 2: Die ekstra lys van items wat u by enige verskaffer kan aankoop.