Skip to main content

Sport

Laerskool Hendrik Louw kan met trots sê dat ons uit ons pad gaan om ons allerbeste op sportgebied vir u kind te kan bied.

Met die groot verskeidenheid van somer- en wintersportsoorte is daar iets vir elke leerder om aan deel te neem, homself of haarself uitbundig te geniet en ten volle te ontwikkel.

 
Somersport
Kwartaal 1 & 4
 Atletiek
 o.7 tot o.13
 Binnenshuise Hokkie
 o.12 & o.13
 Branderplankry (Surfing)
 o.7 tot o.13
 Krieket
 o.7 tot o.9 (Mini)
 o.11 & o.13
 Tennis
 o.7 tot o.13
 Cheerleading
 o.10 tot o.13
 
Wintersport
Kwartaal 2 & 3
 
 Hokkie
 o.7 tot o.9
 o.10, o.11 & o.13
 Netbal
 o.7 tot o.13
 Rugby
 o.7, o.8, o.9, o.10, o.11, o.13
 Skaak
 o.7 tot o.13
 Cheerleading
 o.10 tot o.13
 
Graad R & RR 
Regdeur die jaar
 
 Rugga Roots (rugby)
 Goal Getters (netbal)
 Wicket Cricket
 Playball
 Dance Mouse

Omdat ons in massa-deelname glo, wil ons vir elke leerder ’n geleentheid skep om optimale blootstelling aan verskillende sportsoorte en spesialis-afrigting te kan ervaar.

Laerskool Hendrik Louw is bevoorreg om uiters bekwame afrigtingspanne in ons midde te kan hê. Hulle beplan in detail, rig met passie en baie kennis af en tree in elke kind se beste belang op.

Ons eie afrigters bied afrigtingsklinieke by die skool aan. Ons as skool beywer ons weer om hulle te bemagtig met opleidings- en afrigtingsessies waaraan hulle kan deelneem om sodoende met meer as voldoende vaardighede af te rig.

Deelname aan sport bevorder nie net die ontwikkeling van die liggaam nie, maar dit bevorder ook sosiale vaardighede, besluitnemingsvermoëns, uithouvermoë, spanwerk en dissipline.

Ons skool se ses waardes word deeglik in die deelname aan sport vasgelê.