Ons skooluniform is beskikbaar by die Hendrik Louw Klerewinkel in ons skoolgebou of u kan aanlyn bestel.
KONTAKINLIGTING: Kontak gerus ons klerewinkelbestuurder; Mandi Putter by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae.
WINKEL-URE: Maandae tot Vrydae: 07:00-08:00 Gesluit tydens skoolvakansies en publieke vakansiedae. Die Hendrik Louw Klerewinkel is binne ons skoolgebou geleë. Alternatiewe besoeke kan slegs gedurende skoolure, per afspraak gereël word.
AANLYNWINKEL EN PRYSLYS: https://store.sticitt.co.za/HendrikLouw Items sal by u kind se klas afgelewer word of u kan dit tydens winkelure by die winkel kom haal.
OMRUILING: U is welkom om klere terug te stuur vir omruil, op voorwaarde dat:
Dit binne 14 dae van aankoopdatum geskied.
Items nog nie gedra of gewas is nie en in dieselfde kondisie is as wat u dit aangekoop het.
BLOU SKOOLUNIFORM (VIR SKOOL EN SPORT) Graad 1-3 leerders: Elke dag. Graad 4-7 leerders: Dinsdae en Donderdae.
FORMELE SKOOLUNIFORM (GRAAD 4 TOT GRAAD 7) Die formele skooluniform word op Maandae, Woensdae en Vrydae slegs deur die Graad 4 tot Graad 7-leerders gedra.
‘n Breërandhoed of pet is verpligtend wanneer leerders buite is gedurende die somermaande.