WINKEL-URE: Maandae tot Vrydae: 07:00-08:00 Vrydae: 12:30-13:30 Gesluit tydens skoolvakansies en publieke vakansiedae. 13-15 Januarie 2025: 07:00 – 14:00 Die Hendrik Louw Klerewinkel is binne ons skoolgebou geleë. Alternatiewe besoeke kan slegs gedurende skoolure, per afspraak, gereël word.
AFLEWERING: Items sal by u kind se klas afgelewer word of u kan dit tydens winkelure by die winkel kom haal.
OMRUILING: U is welkom om klere terug te stuur vir omruil, op voorwaarde dat:
Dit binne 14 dae van aankoopdatum geskied.
Items nog nie gedra of gewas is nie en in dieselfde kondisie is as wat u dit aangekoop het.
KONTAKINLIGTING: Kontak gerus om klerewinkelbestuurder Mandi Putter by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir enige navrae.
Skooluniform
Graad 1-3 leerders: Elke dag. Graad 4-7 leerders: Dinsdae en Donderdae.
Die somerskooluniform word ook vir sportwedstryde gedra, tensy anders gekommunikeer word.
Somersuniform
Wintersuniform
Graad 4 tot graad 7 (Intermediëre- en seniorfase)
Ons gun ‘n twee jaar infaseringsperiode vir die nuwe formele skooluniform wat gedra word op Maandae, Woensdae en Vrydae. Die formele skooluniform sal verpligtend wees vir slegs die Graad 4 tot Graad 7 leerders vanaf Januarie 2026.
Breërandhoed of pet is verpligtend wanneer leerders buite is gedurende die somermaande.