DOEN AANSOEK VIR GRAAD 1
VIR PLASING GEDURENDE DIE JAAR:
Voltooi slegs die Laerskool Hendrik Louw aansoekvorm en heg alle vereiste dokumente aan (behalwe die bewys van WKOD-aanlynaansoek).
AANSOEK- EN TOELATINGSPROSES VIR 2027 (SLEGS VIR NUWE LEERDERS)
STAP 1:
10 Maart tot 14 April 2026:
Doen aansoek op die die WKOD se AANLYNSTELSEL
http://admissions.westerncape.gov.za
Registreer uself en u kind – (NB: onthou asb. u gebruikersnaam details en wagwoord)
Volg die volgende stappe om u BEWYS VAN AANLYN AANSOEK te druk:
- Teken in via http://admissions.westerncape.gov.za
- Aan die linkerkant van u skerm: Kliek op TRACK APPLICATION STATUS
- Vind die skole van u keuse (bv. HENDRIK LOUW)
- Kliek op die druk-opsie en druk die 2-blad dokument
Indien u probleme ondervind met die WKOD-aanlynaansoek, kontak gerus die skool by
STAP 2:
Stuur die volgende dokumentasie binne 7 dae vanaf u aanlyn aansoek na
Die dokumentasie kan ook per hand by Hendrik Louw ontvangs ingehandig word.
- ‘n Hendrik Louw aansoekvorm (verpligtend)
- Leerder se onverkorte geboortesertifikaat
- ID’s van beide ouers
- Bewys van woonadres
- Kliniekkaart (slegs die bladsy wat immunisering toon)
- Mees onlangse rapport
- Oorplasingssertifikaat (indien beskikbaar)
- Kleurfoto van leerder
- Bewys van aanlyn aansoek (2 bladsye)
STAP 3:
- Die WKOD sal u per e-pos of sms van die uitslag in kennis stel, nie die skool nie.
- Indien u aansoek suksesvol was by die WKOD, sal Laerskool Hendrik Louw u nooi na die oriënteringsdag vir volgende jaar se Graad RRR tot Graad 1-leerders. Dit sal in November 2026 plaasvind.