

Die Skoolbeheerliggaam van Laerskool Hendrik Louw
Die Skoolbeheerliggaam (SBL) is 'n statutêre liggaam van ouers, opvoeders en nie-onderwyspersoneel wat poog om saam te werk om die welstand en doeltreffendheid van die skoolgemeenskap te bevorder en daardeur leer en onderrig te bevorder.
Die SBL is verantwoordelik vir toepassing en uitvoering van wetgewings soos bepaal.
Daar word ook geoogmerk om uitvoerende leiers verantwoordelik te hou vir die opvoedkundige prestasie van die skool en die leerders en die effektiewe en doeltreffende prestasiebestuur van personeel. Die SBL hou toesig oor die finansiële prestasie van die skool en maak seker dat fondse effektief bestee word.
Die Suid-Afrikaanse Skolewet het ouers en onderwysers die reg gegee om skoolbeheerliggame te vorm en beleide te maak rondom kwessies soos taal, godsdiensonderrig, skoolgeld en 'n gedragskode vir leerders.
Wat is die funksies van die SBL?
- Om die beste belange van die skool te bevorder;
- Om 'n missiestelling met die oortuigings en waardes van die skool aan te neem;
- Om 'n grondwet vir die skoolbeheerliggaam aan te neem;
- Om die tye van die skooldag te besluit;
- Om die skooleiendom, geboue en terrein te administreer;
- Om ouers, leerders, opvoeders en ander personeel aan te moedig om vrywillige dienste aan te bied;
- Om aan te beveel oor die aanstelling van opvoeders in die skool by die provinsiale onderwysdepartement;
- Om toe te laat dat die skoolperseel deur die provinsiale onderwysdepartement gebruik word;
- Om gemeenskapsorganisasies toe te laat om die skoolperseel te gebruik
Wetgewing:
Die toepaslike inligting aangaande die Skoolbeheerliggaam kan in die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 verkry word. Ons verwys graag ook na die volgende wetgewings en/of bepalings:
- Hoofstuk 3 Openbare Skole (aa12-33)
- Hoofstuk 4 Befondsing van Openbare Skole (aa 34-44)
- Hoofstuk 6 Oorgangsbepalings (aa 52-57)
- Hoofstuk 7 Algemene Bepalings (aa58-64)
- Bylae 2 Wysiging van die Wet op Indiensneming van Opvoeders, 1994, deur Artikel 63
- Regulasies en verwante materiaal in terme van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996
- Wet op Nasionale Onderwysbeleid 27 van 1996
- Beleide in terme van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid 27 van 1996
- Wet op indiensneming van opvoeders 76 van 1998
- Personeeladministrasiemaatreëls
- Handves van regte: Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996
- WKOD Wetgewing
Toegewese werksaamhede van alle beheerliggame
- Behoudens hierdie Wet en die Suid-Afrikaanse Skolewet moet die beheerliggaam van ’n openbare skool—
- die beste belange van die skool bevorder
- en daarna streef om sy ontwikkeling deur die voorsiening van gehalteonderwys vir alle leerders by die skool te verseker;
- ’n grondwet aanvaar; die missiestelling van die skool ontwikkel;
- ’n gedragskode vir leerders by die skool aanvaar;
- die prinsipaal, opvoeders en ander personeel van die skool in die verrigting van hulle professionele werksaamhede ondersteun;
- hou by enige optrede van die Departementshoof ingevolge artikel 16 van die Wet op die Indiensneming van Opvoeders om te handel met die onbevoegdheid van ’n prinsipaal of opvoeder om hul pligte op doeltreffende wyse uit te voer;
- die tye van die skooldag bepaal in ooreenstemming met enige toepaslike diensvoorwaardes van personeellede by die skool;
- die skool se eiendom, en geboue en gronde deur die skool beset, met inbegrip van koshuise, administreer en beheer, maar die uitoefening van hierdie reg mag nie op enige wyse met die implementering van ’n besluit deur die Provinsiale Minister of die Departementshoof ingevolge enige wet of beleid inmeng of dit andersins belemmer nie;
- ouers, leerders, opvoeders en ander personeel van die skool aanmoedig om vrywillige dienste aan die skool te lewer;
- die aanstelling van opvoeders by die skool by die Departementshoof aanbeveel, behoudens die Wet op die Indiensneming van Opvoeders en die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995);
- die aanstelling van nie-opvoederpersoneel by die skool by die Departementshoof aanbeveel, behoudens die Staatsdienswet, 1994 (Proklamasie 103 van 1994), en die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995;
- die aanbeveling maak wat in paragraaf (k) beoog word, binne die tydsraamwerke wat in artikel 6 (3) (l) van die Wet op die Indiensneming van Opvoeders beoog word;
- op versoek van die Departementshoof die redelike gebruik onder regverdige omstandighede soos deur die Departementshoof bepaal van die fasiliteite van die skool toelaat vir opvoedkundige programme wat nie deur die skool aangebied word nie;
- alle ander werksaamhede verrig wat deur of kragtens hierdie Wet of die Suid-Afrikaanse Skolewet aan die beheerliggaam opgelê word; en
- ander werksaamhede verrig in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Skolewet, soos deur die Nasionale Minister by kennisgewing in die Staatskoerant bepaal, of deur die Provinsiale Minister by kennisgewing in die Provinsiale Koerant.
- Die beheerliggaam kan die redelike gebruik van die fasiliteite van die skool vir gemeenskaps-, sosiale en skoolfondsinsamelingsdoeleindes toelaat, onderworpe aan sodanige redelike en billike voorwaardes as wat die beheerliggaam kan bepaal, wat die heffing van gelde of tariewe wat aan die skool toeval, kan insluit.
- Die beheerliggaam kan aansluit by ’n vrywillige vereniging wat beheerliggame van openbare skole verteenwoordig.
- Behoudens hierdie Wet, die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, en enige ander toepaslike wet, kan ’n openbare skool poste vir opvoeders instel en opvoeders in diens neem bykomend tot die diensstaat wat deur die Provinsiale Minister ingevolge artikel 3 (1) van die Wet op die Indiensneming van Opvoeders bepaal word.
- Behoudens hierdie Wet, die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, en enige ander toepaslike wet, kan ’n openbare skool poste vir nie-opvoeders instel en nie-opvoederpersoneel in diens neem bykomend tot die diensstaat wat ingevolge die Staatsdienswet, 1994, bepaal word.
- ’n Opvoeder en ’n nie-opvoeder wat aangestel word in ’n pos wat ingevolge sub-artikel (4) of (5) ingestel is, moet voldoen aan die vereistes wat ingevolge hierdie Wet, die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995, en enige ander toepaslike wet vir indiensneming by openbare skole gestel word.
- [Subartikel is by art. 17(a) van Wet 4 van 2018 geskrap.]
- Die personeel beoog in sub-artikels (4) en (5) moet ooreenkomstig die basiese waardes en beginsels genoem in artikel 195 van die Grondwet in diens geneem word, en die faktore wat in berekening gebring word by die aanstellings, moet insluit, maar is nie beperk nie tot—
- die bevoegdheid van die kandidaat;
- die beginsel van billikheid;
- die behoefte om ongeregtighede van die verlede reg te stel; en
- die behoefte aan verteenwoordigendheid.
- Wanneer die jaarlikse begroting soos beoog in artikel 38 van die Suid-Afrikaanse Skolewet ingedien word, moet die beheerliggaam van ’n openbare skool voldoende besonderhede van enige poste wat beoog word ingevolge subartikels (4) en (5) voorsien, met inbegrip van die geraamde koste betreffende die aanstelling van personeel in sodanige poste, en die wyse waarop voorgestel word dat sodanige koste gedra sal word.
- Ondanks artikel 60 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, is die Staat nie aanspreeklik vir enige handeling of versuim by ’n openbare skool wat voortspruit uit sy kontraktuele verantwoordelikheid as die werkgewer teenoor personeel wat ingevolge subartikels (4) en (5) aangestel is nie.
- Die Provinsiale Minister kan by kennisgewing in die Provinsiale Koerant norme en standaarde bepaal betreffende die fondse wat gebruik word vir die aanstelling van personeel genoem in subartikels (4) en (5), maar sodanige norme en standaarde mag nie vertolk word as sou die Staat ’n medewerkgewer van sodanige personeel wees nie. [Art. 21A is by art. 12 van Wet 7 van 2010 ingevoeg.] [Subart. (11) is by art. 17(b) van Wet 4 van 2018 vervang.]
Komitees
- ’n Beheerliggaam kan een of meer komitees stig, wat, onderworpe aan die voorskrifte van daardie beheerliggaam, die werksaamhede wat die beheerliggaam bepaal, kan verrig.
- ’n Komitee van ’n beheerliggaam bestaan uit een of meer lede van daardie beheerliggaam of een of meer ander persone wat nie lede van die beheerliggaam is nie.
- Een van die lede van ’n beheerliggaam word deur daardie beheerliggaam as voorsitter van die komitee aangewys.
- ’n Beheerliggaam word nie onthef van ’n werksaamheid wat ingevolge hierdie artikel aan ’n komitee van daardie beheerliggaam opgedra is nie.
- ’n Beheerliggaam kan te eniger tyd ’n komitee in subartikel (1) beoog, ontbind of hersaamstel.
Vergoeding van lede van beheerliggame en komitees van beheerliggame
- Geen lid van ’n beheerliggaam of komitee van ’n beheerliggaam mag op enige wyse vergoed word vir die uitvoering van sy of haar pligte nie.
- Noodsaaklike onkoste deur ’n lid van ’n beheerliggaam of komitee van ’n beheerliggaam in die uitvoering van sy of haar pligte aangegaan, mag vergoed word deur die beheerliggaam.

Ons stel met trots ons nuutverkose Skoolbeheerliggaam vir die termyn Maart 2024 tot Maart 2027, bekend
Voor van links na regs:
Me Sebastine de Jongh
Mnr Charl Pretorius (Onder-voorsitter)
Ds Samantha Chamberlain (Voorsitter)
Mev Selma Boshoff (Tesourier)
Mnr Jacques Horne (Skoolhoof)
Agter van links na regs:
Mev Matileze Venter
Mnr Daniel Botha
Mev Franci de Jager
Mev Liesbet de Jongh
Mev Anda Theunissen
Mnr Herman de Bruyn
Mev Nichola Roberts (Sekretaresse)