Graad RRR Halfdag: R2 200 per maand vir 11 maande (1 Januarie tot 1 November 2025)
Gr RRRVoldag (nasorg ingesluit): R3500 per maand vir 11 maande
Graad RR tot Graad 7: R2 200 per maand vir 11 maande (1 Januarie tot 1 November 2025)
Nasorgfooie: R1 600 per maand vir 11 maande
BETALINGSOPSIES
Afslagbedrag van R22 000,00 vir vooruitbetaling van 2025 se skoolfonds. U ontvang een maand se afslag indien u die bedrag van R22 000,00 (in plaas van R24 200,00) voor 31 Des 2024 via elektroniese oorplasing betaal.
Maandelikse debietorder: 11 betalings van 1 Jan – 1 Nov 2025.
Maandelikse internetoorplasing voor of op die 7de van elke maand.
Maandeliks by die skool se finansiële kantoor, kontant of kaart.
FINANSIËLE KANTOOR
Die finansiële kantoor by die skool, waar ouers hul skoolgeld kan betaal, is oop op: Maandag tot Donderdag: 07:15 tot 15:00 Vrydag: 07:15 tot 14:00
Dit is belangrik vir ‘n leerder om toegang tot hulpbronne, goeie personeel, goeie infrastruktuur, ‘n gesonde leeromgewing en veiligheid te hê. Help ons asseblief om bogenoemde vir u kind te handhaaf deur u skoolgeldrekening getrou te betaal.
Ons is afhanklik van hierdie fooie om die huidige standaard van uitnemendheid wat ons almal geniet in stand te hou en daarop voort te bou. Ons dank u vir u ondersteuning en samewerking.
INTERNET BETALING
Let asseblief daarop dat dit baie belangrik is dat die korrekte verwysing gebruik word, naamlik die leerderrekeningnommer, soos per die rekeningstaat van Laerskool Hendrik Louw (bv. “ABC018”). Indien u die korrekte verwysing gebruik, hoef geen bewys van betaling ingedien te word nie.
LAERSKOOL HENDRIK LOUW SE BANKBESONDERHEDE
Bank:
STANDARD BANK
Tak:
STELLENBOSCH 051001
Rekeningnommer:
063164825
Rekeningtipe:
Lopende Sakerekening
Verwysing:
Leerder se rekening nommer soos op staat – vir skool-, nasorg- en musiekfooie.