Skip to main content

2026 SKOOLFOOIE

Graad RRR tot Graad 7
R25 850 per leerder per jaar
R2 350 per maand  vir 11 maande (1 Januarie tot 1 November)

Gr RRR Voldag (nasorg ingesluit): 
R3 650 per maand vir 11 maande

Nasorgfooie
Graad RR – Graad 7
 
R1 650 per maand vir 11 maande

Nasorgwagklas
Slegs vir Graad RR – Graad 3-leerders
R470 per maand vir 'n tydperk van 11 maande voor of op die 1ste van elke maand. 
12:30 tot 14:15 - Maandae tot Vrydae

Oggendwagklas
R200 per maand (vooruitbetaalbaar)
Van 06:30 tot 07:15

SKOOLFONDS BETALINGSOPSIES

  • Afslagbedrag van R23 500,00 vir vooruitbetaling van volgende jaar se skoolfonds.
    U ontvang een maand se afslag indien u die bedrag van R23 500,00 (in plaas van R25 850,00) voor 31 Des 2025 via elektroniese oorplasing betaal.
  • Maandelikse debietorder: 11 betalings van 1 Januarie – 1 November.
  • Maandelikse internetoorplasing voor of op die 7de van elke maand.
  • Maandeliks by die skool se finansiële kantoor: kontant of kaart.

Kontak ons Finansiële kantoor by 021-8531045 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. indien u enige verdere navrae het.

FINANSIËLE KANTOOR

Die finansiële kantoor by die skool, waar ouers hul skoolgeld kan betaal, is oop op:
Maandag tot Donderdag: 07:15 tot 15:00
Vrydag: 07:15 tot 14:00

Dit is belangrik vir ‘n leerder om toegang tot hulpbronne, goeie personeel, goeie infrastruktuur, ‘n gesonde leeromgewing en veiligheid te hê. Help ons asseblief om bogenoemde vir u kind te handhaaf deur u skoolgeldrekening getrou te betaal.

Ons is afhanklik van hierdie fooie om die huidige standaard van uitnemendheid wat ons almal geniet  in stand te hou en daarop voort te bou. Ons dank u vir u ondersteuning en samewerking.

INTERNET BETALING

Let asseblief daarop dat dit baie belangrik is dat die korrekte verwysing gebruik word, naamlik die leerderrekeningnommer, soos per die rekeningstaat van Laerskool Hendrik Louw (bv. “ABC018”). Indien u die korrekte verwysing gebruik, hoef geen bewys van betaling ingedien te word nie.

LAERSKOOL HENDRIK LOUW SE BANKBESONDERHEDE

Bank:
STANDARD BANK
Tak:
STELLENBOSCH 051001
Rekeningnommer:      
063164825
Rekeningtipe:
Lopende Sakerekening
Verwysing:
Leerder se rekening nommer soos op staat – vir skool-, nasorg- en musiekfooie.