Ons nooi graag alle oud-skoliere van ons befaamde skool om by die Laerskool Hendrik Louw Alma Mater aan te sluit.
Ons is ontsettend trots op ons skool en ons glo dat elke persoon wat bevoorreg was om hier te kon leer, steeds dieselfde voel.
Daar is soveel wat tans by Laerskool Hendrik Louw gebeur en ons wil graag alle oud-skoliere betrek en inlig oor wat ons alles aanpak en hoe ons in die moderne era vooruitgang bevorder.
Hierdie skool sal in die jaar 2030 reeds 150 jaar oud sal wees.
Dit is ‘n wonderlike geleentheid om weer kontak met ou skoolmaats te maak en om verskeie netwerkkanale op te bou.
Stuur asseblief aan ons ‘n e-pos by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. met u besonderhede sodat ons so spoedig moontlik ‘n databasis kan saamstel en met u kan kommunikeer.